Reünies word jaarliks gereël saam met die Stigtingsdag van die skool gedurende Augustus-maand. Die reünie val gewoonlik gedurende die Interskole naweek en die planne is as volg: Vrydagaand is daar ‘n samekoms van Oud-skoliere en personeel in die Fanie Venter Klubkamer, Saterdag kan Oud-skoliere die sport kom kyk en Sondag is daar ‘n spesiale Kerkbyeenkoms by die N.G. Kerk Grahamstad.
Die skool beskik oor ‘n databasis van Oud-Skoliere se besonderhede en indien daar nog Oud-Skoliere is wat van hulle wil laat hoor, kontak ons gerus deur die riglyne op die Kontak Ons blad te volg.
OUD-SKOLIERE/ONDERSTEUNERSBOND:
KLUB 100
Die Oud-Skoliere/Ondersteunersbond het hierdie klub gestig volgens die riglyne, soos hieronder verduidelik, om as volg te funksioneer:
Doelstelling:
Die doelstelling van die stigting van die klub is om die skool finansieel te steun op ‘n wyse wat tergelyktydig interessant kan wees en ook min moeite en opoffering verg.
Funksionering van die klub:
Lidmaatskap vir een jaar beloop R 180.00 per jaar. Die tweede lid van ‘n gesin betaal slegs R 60.00 per jaar.
Om aan te sluit, kan u ‘n e-pos stuur met volledige kontakbesonderhede na: acronje@hspjolivier.co.za. Daar kan dan ‘n direkte betaling gedoen word aan die “Oud-Skolierebond van Hoërskool P.J. Olivier” se spesiale Spaarrekening vir hierdie doel. Inligting sal aan u verskaf word.
Lede sluit vir minstens een jaar aan. Indien ‘n lid bedank, doen hy/sy dit skriftelik aan die einde van die jaar.
Gevolgtrekking:
Hierdie skema beoog om R 10 000.00 per jaar vir die skool in te samel, en andersyds kamerade tussen die oud-skoliere, ouers en vriende van die skool op te bou.
STEL U BELANG?
Help ons asseblief deur aan te sluit en om ander te oorreed om aan te sluit.
Kontak: Alice Cronjé (k.u.) by 046 622 3322 of per epos by: acronje@hspjolivier.co.za.
Besoek die Oud-Skoliere Facebook blad hier: