Die olienhoutboom die groei teen ‘n krans
en laat sy takke wieg in die wind;
maar onder hom soek sy wortels ‘n kans
om hom in die aarde te anker en bind!
Só sal ons lewe, só sal ons lag
terwyl ons groei van krag tot krag –
geanker in die aarde, maar oop teen die wind!
Ons het lank gewag, ons het ver gedool –
nou werk ons saam in ons eie skool!